inhoudsopgawe inhoudsopgawe
DEEL 1
Wat is die Wet op die Bevordering van administratiewe geregtigheid (PAJA)?... 4
Wat is administratiewe optrede? ... 4
Wat word deur die PAJA hanteer? ... 5
Wat is die "billike prosedures" wat administrateurs moet volg? ... 6
Waarom het ons die PAJA nodig? ... 7
Wat kan ek verwag wanneer ek om iets aansoek doen? ... 8
Wanneer kan ek redes versoek? ... 8
Hoe om redes te versoek ... 9
Water redes sal gegee word? ... 9
Wanneer kan ek verwag om redes te ontvang? ... 10
Kan redes mondeliks gegee word? ... 10
Wat as ek steeds nie tevrede is nie? ... 10
Is daar enige ander maatreëls? ... 11
DEEL 2
Waarom moet mense oor die PAJA ingelig word? ... 13
Wat moet mense weet? ... 13
Hoe om hierdie boekie te gebruik ... 14
Wat van opleiding vir lede van die administrasie? ... 14
deel 1
inleiding inleiding
Die PAJA-wet (Wet op die Bevordering van Administratiewe Geregtigheid) is 'n wet wat uiters belangrik is om te verseker dat Suid-Afrika se demokrasie steeds groei, aangesien dit die administrasie aanspreeklik maak vir hulle optrede teenoor mense. Saam met die Grondwet (spesifiek Artikel 33 - die reg tot regverdige administratiewe optrede) en die Batho Pele beginsels, vorm die PAJA deel van 'n nuwe benadering wat daarop gemik is om 'n meer effektiewe en mensgerigte administrasie te verseker.
verseker prosedureel billike administratiewe optrede;
gee aan mense die reg om redes te versoek; en gee aan mense die reg om administratiewe optrede deur die howe te laat hersien.
Deel 1 van hierdie boekie verskaf inligting oor die PAJA en beklemtoon wat mense aangaande die Wet behoort te weet.
Deel 2 bespreek hoe jou organisasie hierdie inligting kan gebruik om mense wat julle dien, te kan bystaan en wat jy kan doen om seker te maak dat mense van die Wet leer.
deel 1
Hoe om hierdie gids te gebruik
Aan die einde van elke afdeling is daar 'n blok wat belangrike inligting uitlig wat mense moet weet. Dit kan gebruik word om lesuitkomste of doelwitte te ontwikkel vir enige inligting of opleiding wat jy oor die Wet verskaf. Dit is die sleutel inligtingsbrokkies waarvan lede van die publiek bewus moet wees. Daar is ook ander belangrike stukke inligting en riglyne wat jy sal moet aanwend rakende die spertye vir versoeke onder die PAJA.
deel 1
Wat is die Wet op die Bevordering van Administratiewe Geregtigheid (PAJA)?
Die Suid-Afrikaanse Handves van Regte waarborg die reg tot "regverdige administratiewe optrede" aan almal in Suid-Afrika. Hierdie reg (in Artikel 33 van die Grondwet) sê elkeen in Suid-Afrika het die reg:
tot billike en redelike administratiewe optrede wat deur die wet toegelaat word; en om redes gegee te word vir administratiewe optrede wat hulle op 'n negatiewe wyse raak.
Hierdie Artikel het ook van die regering vereis om 'n wet deur te voer wat die besonderhede van hierdie reg stipuleer. Dit is die Wet op die Bevordering van Administratiewe Geregtigheid (Wet 3 van 2000).
Wat is administratiewe optrede?
Die administrasie bestaan uit:
Ale regeringsdepartemente (op nasionale, provinsiale en plaaslike vlakke);
Die polisie en weermag; en
Wanneer die administrasie 'n besluit neem wat mense se regte raak, oefen hulle 'n administratiewe optrede uit.
VOORBEELD
Wanneer 'n persoon vir 'n ongeskiktheidstoelaag of ouderdomspensioen aansoek doen, moet die provinsiale departement van welsyn besluit om dit toe te staan of nie. Hierdie besluit is 'n administratiewe optrede.
Ander voorbeelde is:
Aansoek om 'n ID of geboortesertifikaat
Aansoek om 'n eerste huiseienaarsubsidie
Aansoek om 'n werks- of verblyfpermit
Aansoek om vlugteling- of asielstatus
Die PAJA hanteer slegs administrasie wat regte nadelig (negatief) raak. Besluite wat ten gunste van mense strek (soos die besluit om aan iemand 'n ongeskiktheidstoelaag toe te ken) word met ander woorde nie deur die PAJA gedek nie.
n Besluit ten gunste van een persoon mag egter soms die regte van 'n ander persoon ('n derde party) nadelig raak. As iemand byvoorbeeld aansoek doen om toestemming om veranderings aan sy huis aan te bring, mag dit die uitsig van hulle bure raak. In so 'n geval sal die bure deur die PAJA beskerm word.
Wat word deur die PAJA hanteer?
billike prosedures volg by besluitneming;
mense toelaat om voorleggings te maak voordat enige besluit geneem word wat hulle regte moontlik nadelig kan raak;
die besluite wat hulle neem, goed verduidelik;
mense inlig aangaande enige interne appèlle binne hulle departement. Indien daar geen interne appèl is nie, moet hulle vir mense sê dat hulle die beslui deur 'n hof kan laat hersien; en vir mense sê dat hulle die reg het om vir geskrewe redes vir die besluit te vra.
deel 1
Wat is die "billike prosedures" wat administrateurders moet volg?
Vir die optrede van die administrasie om "regverdig" te wees, moet die prosedures wat hulle by besluitneming volg, billik wees. Hoewel hierdie boekie slegs besluite rakende individue hanteer, stipuleer die PAJA ook prosedures vir besluite wat die algemene publiek raak.
Besluite wat individue raak
Die PAJA stipuleer prosedures wat administrateurders moet volg voordat hulle besluite neem en daarna:
Voordat 'n besluit geneem word, moet administrateurders vir mense wie se regte geraak mag word:
behoorlike kennis gee van wat hulle beplan om te doen; en genoeg tyd toelaat vir mense om voorleggings te maak.
Administrateurders moet hierdie voorleggings oorweeg voordat hulle besluit.
Nadat 'n besluit geneem is, moet administrateurders aan enigeen wie se regte nadelig geraak mag word:
n duidelike verklaring gee van wat hulle besluit het;
kennis gee van enige reg tot hersiening of interne appèl; en inlig dat hulle redes vir die besluit kan versoek.
Alhoewel hulle nie verplig is nie, kan administrateurders ook:
mense wie se regte geraak word, help;
vir hulle toelaat om deur 'n prokureur verteenwoordig te word; en hulle toelaat om enige argumente of getuienis wat teen hulle gaan, te betwis (hetsy in geskrewe vorm of in persoon).
Besluite wat die algemene publiek raak
Daar is twee hoofsoorte prosedures:
Kennisgewing en kommentaar. Hier moet die administrateurder 'n kennisgewing publiseer wat sê wat hulle beplan en waarin hulle mense vra om kommentaar te lewer. Die administrateur moet dan hierdie kommentaar oorweeg voordat hulle besluit wat om te doen.
Openbare ondersoek. In hierdie prosedure, word 'n persoon of paneel aangestel om argumente van mense by 'n openbare verhoor aan te hoor. Hierdie argumente moet ook oorweeg word voordat 'n besluit geneem word.
In sommige gevalle, mag administrateurders kies om beide kennisgewing en kommentaar sowel as openbare ondersoekprosedures te gebruik.
Waarom het ons die PAJA nodig?
In die verlede het die regering dikwels besluite geneem wat mense se lewens raak sonder om regtig te verduidelik wat hulle doen. Deur die regte wat mense het, duidelik te stipuleer, maak die PAJA seker dat die administrasie billik optree en dat mense weet waarom besluite geneem is. Dit gee vir hulle ook geleentheid om hulle kant van die saak te laat hoor voordat enige besluit geneem word. Op hierdie manier maak die PAJA seker dat die administrasie op 'n manier werk wat deursigtig is en verantwoordbaar vir hulle optrede. Dit maak ook seker dat besluite behoorlik geneem word. 'n Besluit van 'n administrateurder wat bevooroordeeld is of gebaseer is op irrelevante oorwegings, kan dus byvoorbeeld tersyde gestel word.
deel 1
Wat kan ek verwag wanneer ek om iets aansoek doen?
As gevolg van die PAJA, kan mense nou verwag om:
vooraf vertel te word van enige beplande optrede wat hulle regte mag raak hoewel dit in werklikheid onprakties mag wees;
toegelaat te word om hulle kant van die saak te laat oorweeg voordat 'n besluit geneem word weereens mag dit onprakties wees;
ingelig te word oor wat die besluit is en van hulle reg tot interne appèl of hersiening;
ingelig te word dat hulle die reg het om redes te versoek;
op versoek behoorlike redes gegee te word; en in staat te wees om die besluit in die hof te beslis.
VOORBEELD
Indien iemand om 'n ongeskiktheidstoelaag aansoek doen, kan hulle verwag om, voordat die finale besluit geneem word, gesê te word of dit aan hulle toegestaan sal word of nie. Indien nie, kan hulle voorleggings maak soos om enige verwante inligting wat nie in ag geneem is nie, uit te wys. Indien die besluit steeds teen hulle gaan, kan hulle vra vir geskrewe redes wat verduidelik waarom dit gebeur het. Indien hulle steeds glo dat die besluit verkeerd is, kan hulle by die appèlraad binne die provinsiale departement appèlleer. Indien hulle steeds nie suksesvol is nie, kan hulle 'n hof vra om die saak te hersien.
Wanneer kan ek redes versoek?
Enigeen kan redes versoek vir besluite wat hulle regte nadelig (negatief) beïnvloed. Soms sal hierdie redes verstrek word sonder dat dit aangevra word. Indien nie, moet die redes binne 90 kalenderdae na van die besluit gehoor is, versoek word.
Hoe om redes te versoek
Die metode vir die versoek van redes word in die regulasies van die PAJA uiteen gesit. Versoeke moet:
skriftelik wees;
aandui vir watter besluit redes aangevra word;
aandui waarom jy dink die besluit was verkeerd;
aandui watter van jou regte geraak is (indien moontlik);
jou naam, posadres, e-posadres en kontak faks- en telefoonnommers insluit; en per pos, faks of e-pos gestuur word of per hand afgelewer word.
Indien 'n persoon nie kan skryf nie, moet hulle 'n vriend, familielid of parajuris vra om hulle te help. Die regulasies sê ook dat administrateurders hulp moet verskaf aan mense wat nie kan skryf nie. 'n Persoon kan dus na die kantoor gaan wat die besluit geneem het en vir hulp vra om hulle versoek neer te skryf.
Watter redes sal gegee word?
Die PAJA sê dat administrateurders "voldoende" redes moet verskaf. Die gebruik van die woord use of the word "voldoende" is uiters belangrik. Administrateurders kan nie net sê dat hulle oor die saak nagedink en tot 'n besluit gekom het nie. Hulle moet sê hoe hulle daarby gekom het. Indien die persoon wat redes versoek het, vrae gevra het, moet hulle almal beantwoord word. Kortom moet administrateurders 'n bevredigende verduideliking vir hulle optrede verskaf. Natuurlik kan deel 1
Dit beteken nie dat hulle die persoon moet oortuig dat hul besluit korrek was nie.
Wanneer kan ek verwag om redes te ontvang?
Die PAJA sê redes moet binne 90 dae dat die administrateurder die versoek ontvang, gegee word.
Kan redes mondeliks gegee word?
Die kort antwoord is "nee". Die PAJA stel dit duidelik dat redes skriftelik gegee moet word. Indien daar egter vir 'n persoon mondeliks redes gegee word waarmee hy tevrede is, is daar geen probleem nie. Selfs dan behoort die persoon te vra dat die redes skriftelik aan hom gegee word sodat hy maklik daarna kan verwys as hy sou beslui om op 'n latere stadium die besluit te betwis.
Wat as ek steeds nie tevrede is nie?
Sommige departemente het 'n interne appèlprosedure. Waar daar 'n interne appèlprosedure is, moet dit gebruik word voor enige ander optrede kan plaasvind.
VOORBEELD
Die Departement van Binnelandse Sake het 'n Appèlraad om appèlle aan te hoor aangaande besluite van beamptes wat vlugtelingstatus bepaal. Indien iemand aansoek doen om asiel-
of vlugtelingstatus en dit geweier word, kan hulle by hiedie Raad appèlleer.
Waar daar geen interne appèlprosedure is nie, of waar dit gebruik is en die persoon is steeds nie met die besluit tevrede nie, het hulle die reg om die saak na die hof te neem en te vra dat die saak hersien word.
Tydsbeperkinge
Waar daar 'n interne appèlprosedure is, moet die saak hersien word binne 180 dae (6 maande) vandat hierdie interne appèl beslis is. Waar daar geen interne appèl is nie, moet die saak hersien word binne 180 dae nadat die persoon bewus geword het van die besluit.
Nota
Waar departemente 'n interne appèlprosedure het, sal hulle gewoonlik ook tydsbeperkinge hê waarbinne appèlle gemaak moet word. Dit verskil tussen departemente, maar kennis van die besluit en die reg tot appèl moet ook die tydsbeperking aandui.
Is daar enige ander maatreëls?
Soos met enige hofprosedure, kan die hersiening van 'n saak baie duur wees. Gelukkig is daar ander, goedkoper maniere om besluite te hanteer waarmee mense nie gelukkig is nie.
Baie departemente en staatstrukture het interne appè-lliggame. Dit moet gebruik word voordat 'n saak vir hersiening geneem word en gewoonlik is daar geen koste verbonde aan die appèl nie.
Die plaaslike vlak
Mense kan:
seker maak of daar 'n kieskantoor of 'n politieke party in hule area is wat hulle dalk kan help;
by die area of streeksbestuurder van die betrokke departement kla; of by die wyksraadslid of die provinsiale LUR van die betrokke departement kla.
deel 1
Brief aan die minister of direkteur-generaal
Dit kan baie help om aan die minister of direkteur-generaal in beheer van die betrokke departement te skryf. Dit is goedkoop en in sommige gevalle baie effektief. Briewe behoort soortgelyke inligting te bevat as 'n versoek om redes.
Daar is baie nie-regeringsorganisasies (NRO's), gemeensakpsgebaseerde organisasie (GBO's) en parajuriste in Suid-Afrika wat kan help. Die meeste sal dit gratis doen. Mense moet aangemoedig word om seker te maak odaar in hulle gemeenskap enige sodanige organisasies is vir wie hulle om hulp kan vra.
Die Openbare Beskermer
Waar dit blyk dat daar wanadministrasie was, (byvoorbeeld, as dit lyk asof iemand omgekoop is om 'n besluit te neem of bevooroordeeld was of as daar enige vorm van korrupsie betrokke was), kan mense die Openbare Beskermer vir bystand nader. Dit is gratis.
Aangesien besluite moontlike skendings van Artikel 33 van die
Grondwet kan behels, kan mense die SAHRC vra om hulle te help. Weereens sal dit gratis gedoen word indien die SAHRC
glo dat daar 'n skending is.
Regshulpraad en regsentrums.
Regsentrums word in howe regoor die land ingestel. Hulle het prokureurs beskikbaar om gratis dienste aan arm mense te verskaf. Indien daar nog nie 'n regsentrum in 'n persoon se area is nie, kan hulle die regshulpbeampte by die naaste hof vra om vir hulle gratis 'n prokureur aan te wys.
deel 2
Waarom moet mense aangaande die PAJA ingelig word?
Suid-Afrika het 'n lang geskiedenis van 'n openbare diens wat nie teenoor die publiek aanspreeklik was nie en wat op maniere gewerk het wat geheim was en tot wantroue gelei het. Terwyl mense om dienste, lisensies ensovoorts aansoek gedoen het, is daar dikwels vir hulle gesê dat hulle onsuksesvol was, maar nooit waarom nie.
Die administrasie is daar om die publiek te dien vandaar die term "openbare diens". Dit is egter nie tradisioneel so gesien of hoe hulle hulself gesien het nie. Almal het staaltjies te vertel van die frustrasies waaraan hulle blootgestel is wanneer hulle met die openbare diens moes skakel.
Deur te weet wat die PAJA dek, sal mense in staat wees om:
hulle regte te beskerm;
te verseker dat hulle billik behandel word;
weet waarom besluite geneem is; en te help om 'n openbare diens te ontwikkel wat verantwoordbaar aan die mense.
Wat moet mense weet?
Mense moet hoofsaaklik weet dat daar reëls is wat administrateurders moet volg wanneer hulle besluite neem. Die notas in Deel 1 sal jou help om te verstaan wat hierdie reëls is.
deel 2
Hoe om hierdie boekie te gebruik
Hoewel die teks in Deel 1 op die publiek gemik is, kan hierdie boekie op twee maniere deur die NRO's en GBO's gebruik word:
Aangesien baie organisasies regs- en parajuridiese bystand verleen aan mense wie se regte tot administratiewe geregtigheid aangetas is, kan die boekie gebruik word om die manier te verbeter waarop jou organisasie werk;
Dit kan gebruik word om opleiding te gee, asook bewustheid en inligting oor die Wet in die gemeenskappe wat hulle dien. Dit sal help om lede van hierdie gemeenskappe te bemagtig om hulle regte af te dwing.
NRO en GBO personeel behoort hierdie boekie te lees oor hoe die PAJA hulle werk raak. As 'n parajuris gereeld werk met pensioen of ongeskiktheidstoelaag probleme, kan hulle die inligting in die boekie gebruik om uit te vind hoe om geskrewe redes te versoek, hoe om daarop aan te dring dat mense se sienings in ag geneem word voordat besluite geneem word ensovoorts.
Wat van opleiding vir lede van die administrasie?
Hierdie boekie verskaf inligting oor hoe die PAJA die lewens van gewone mense raak en is nie werklik geskik om administrateurders op te lei nie. Dit is omdat die opleiding wat administrateurders ondergaan, meer omvattend is en nie slegs op die PAJA fokus nie, maar ook op hoe om besluite te neem, hoe om die briewe en kennisgewings te skryf wat deur die Wet vereis word en hoe om geskrewe redes op te stel.
As deel van hulle pogings om 'n ope en demokratiese samelewing te verseker wat op regsoewereiniteit berus, gee die Departement van
n Praktiese Gids;
n Handboek vir opleiers;
n Werkboek;
n Regsboek;
Vir verdere inligting
Kontak asseblief die Departement van Justisie en Staatkundige Ontwikkeling by die adres op die agterblad van hierdie boekie indien jy die volgende wil hê:
inligting oor die projek om administrateurders op te lei; of afskrifte van enige van die genoemde publikasies.
Afskrifte van die PAJA en sy regulasies kan aangekoop word by die Staatsdrukkery. Jy sal ook afskrifte van die Wet kry op die volgende webwerwe:
Vir die nuutste weergawe van die Regulasies van die Wet, besoek asseblief:
Die Kantoor van die Openbare Beskermer
Privaatsak X677 PRETORIA 0001 Tel: 366 2700 Faks: 362 3473
Privaatsak X2700
Tel: 484 8300 Faks: 484 1360/7146
Regshulpraad en regsentrums
Tel: 401 9200(of besoek hulle kantore by enige hof naby jou)
Die Kantoor van die Openbare Beskermer
Privaatsak X677 PRETORIA 0001 Tel: 366 2700 Faks: 362 3473
Privaatsak X2700
Tel: 484 8300 Faks: 484 1360/7146
Regshulpraad en regsentrums
Tel: 401 9200(of besoek hulle kantore by enige hof naby jou)
